Winter

Vers 1:
In die middel van die winter, op 'n ou bekende plek
Lê jy huilerig en hartseer, moedeloos en uitgeput
En die bottel wat weer leeg is, verdrink alles wat nog seer is
Die nag word al hoe kouer en die hoofpyn is oppad

Koor:
Tel jou op, skud jou af, selfs as mense vir jou lag
Want as jy kan sien wat Ek sien, as jy kon sien wat Ek sien
Daar is hoop, daar is rus, daar is goud wat in jou is
Jy's meer werd as wat jy nou voel, meer werd as wat jy dink

Vers 2:
Die storms wat eers vêr was, slaan groot branders teen jou hart vas
Niemand wil jou hoor nie, daar's niemand wat verstaan
Die koue wind is baie en kom waai hier deur my blaaie
Kan iemand ons net vashou, kan iemand ons kom haal

Koor:
Tel jou op, skud jou af, selfs as mense vir jou lag
Want as jy kan sien wat Ek sien, as jy kon sien wat Ek sien
Daar is hoop, daar is rus, daar is goud wat in jou is
Jy's meer werd as wat jy nou voel, meer werd as wat jy dink

Brug:
Moenie opgee nie, dis nie einde nie
Moenie opgee nie
x2