Totsiens

Vers 1:
Wat het tog geword van ons huisie by die see
Die drome wat ons saam kon droom ek en jy
Wat het tog geword van daai glinster in jou oë
Die hoeke van jou mond wat glimlag as jy slaap

Koor:
Kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag met alles in my
Om vir een laaste keer jou hart vas te hou

Vers 2:
Wat het tog geword van ons hardloop langs die strand
Die aande wat ons saam kon lag en baklei
Maar jy het onverwags van vêr af gewaai
En saam met jou totsiens jou rug op ons gedraai

Koor:
Kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag met alles in my
Om vir een laaste keer jou hart vas te hou
X2