Sweef

Vers 1:
Kinders wat gesien en nie gehoor word nie
Sal onder tafels uit klim en hul vrae kom vra
Terwyl Pa steeds weg is en Ma weer huil
Hoor jy die kreun van die ossewa

Pre-Koor:
Wielle diep in die spore van, ons verlede gestuur

Koor:
Kom nou saam, wind onder ons vlerke
Vêr, vêr bo hierdie donker gang
Daar waar ons weer kan speel, kaalvoet geheime deel
Tot in die laaste dae, sal ek my lewe gee
Ek sal my lewe gee X 4

Vers 2:
Konsentrasiekampe in sy hart
Alleen verskeur lê haar mooi hart
Maar dinosourusse is lankal dood
Ons moet aan beweeg so vat my hand

Pre-Koor:
Wiele diep in die spore van, ons verlede gestuur

Koor:
Kom nou saam, wind onder ons vlerke
Vêr, vêr bo hierdie donker gang
Daar waar ons weer kan speel, kaalvoet geheime deel
Tot in die laaste dae, sal ek my lewe gee
Ek sal my lewe gee X 4