SterreWals

Vers 1:
Ek het jou geken voor ons ontmoet het
Die kleur van jou oë die klank van jou lag
Jy het my geken met al my letsels
Maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my

Koor:
Ek't gesing jy't gedans, die aande was lank
Met vriende en liggies die stad ken ons name
Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet
Jy't gesê eks jou wyn en jy is my bloed

Vers 2:
Ek sou die wêreld vul met liedjies oor jou
En jy sou vir altyd dans op die groot verhoog
Ons huis is klein en daar's geen wasgoedlyn
Maar ek het jou hart gevat en myne verloor

Koor:
Ek't gesing jyt gedans, die aande was lank
Met vriende en liggies die stad ken ons name
Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet
Jy't gesê eks jou wyn en jy is my bloed

Brug:
En ek soen jou onder die wilgerboom
Waar die sterre oor ons wals
Jy weet ek wou alles vir jou gee X2

Vers 3:
Ek raak skaars 'n snaar en jy het ophou dans
Ons droom van n ander tyd, waar al ons drome leef