Oog van die Storm

Vers 1:
Soms verloor ek rigting
My ware Noord verdwyn, waar is jy?
Soms voel ek verdwale
In konkreet en sement, van rand en sent

Pre-Koor:
Soos die see wat nader trek die eggo van Jou stem
Die ys hier om my hart laat breek, my aanspoor om te wen
Maar ek kan nie net hier staan
As die wêreld om my val

Koor:
In die oog van die storm, in die hart van jou seer
Wanneer stilte oorverdowend raak jys nooit alleen
Want ek en jy, is genoeg gemaak
Om 'n verskil te maak

Vers 2:
Wat kan ek belowe
Wat kan ek tog bied, ek het niks
Golwe druis hier in my daar vloede in my siel
Waar is jy?

Koor:
In die oog van die storm, in die hart van jou seer
Wanneer stilte oorverdowend raak jys nooit alleen
Want ek en jy is genoeg gemaak
Om 'n verskil te maak.

Pre-Koor:
Soos die see wat nader trek, die eggo van Jou stem
Die ys hier om my hart laat breek my aanspoor om te wen

Koor:
In die oog van die storm, in die hart van jou seer
Wanneer stilte oorverdowend raak jys nooit alleen
Want ek en jy is genoeg gemaak
Om 'n verskil te maak