Liefde is Vuur

Vers 1:
Alleen wees is my skuiling, waar hartseer my beklee
Want iewers in my rug lê daar is mes of twee
Die wêreld draai so vinning, soms wil ons so verdwaal
Kan iemand ons hier uithelp, kan iemand ons kom haal

Vers 2:
Genade is 'n gawe, Genade is verniet
En leeg is al die leuens, wat die wêreld bied
Ons druk toe ons ore
Dat waarheid in ons leef

Pre-Koor:
Ja dit staan geskryf, ja dis reeds bewys

Koor:
Lig op jou hart na bo
Arms oop gesprei
Liefde is 'n vuur
Dit brand hier binne my

Brug:
Is jou oë op Yaweh, of leef jy vir jouself
Hy wat ons so lief het en in jou seer wil delf
Genesing in Sy hande, vlamme in Sy oë
Luister na Sy hartklop, soek en jy sal vind

Outro:
Ek vlieg saam Jou
Vir ewig, vir ewig