Amsterdam

Vers 1:
Ek vang myself in Oostestraat
Waar mense rook en nonsens praat
En ek soek nog 'n rede vir die gewig hier in my skoen
Want iewers is daar meer as wat ons sien

Koor:
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Ek's 'n bedelaar wat bid en hoop en glo

Vers 2:
Die rooi lig van Ou-Kerkplein
Roep verlore tieners op die trein
Ek wens ek kon hul keer, ek wens oh ek wens
Want iewers is daar meer as wat hul sien

Koor:
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Ek is 'n bedelaar wat bid en hoop en glo