Sing Saam
Kies 'n album om die lirieke te lees

Oog Van Die Storm

Vers 1:
Kom nou saam
As die wind ons vang van voor, as die wind ons vang van voor
En hande saam
Sal ek altyd oor jou droom, sal ek altyd in jou glo

Selfs as my seile skeur, duisend golwe breuk
Sal ek my anker gooi en aan Jou vasklou
Ek is nie bang om uit die boot uit te klim
Ek sal op water loop saam Jou

Koor:
Jy is die rots waarop ek staan
Jy wat my toevou in Jou hand
En als wat struikel in my gaan met tyd ook verby
Daar is niks meer onmoontlik nie
Jy maak my braaf, ja Jy maak my sterk
Ek is tot alles in staat saam Jou

Vers 2:
En ek glo
Daar's 'n plek waar ons kan leef, 'n plek waar ons kan rus
En almal kan
Al hul laste neer kom lê, hul laste neer kom lê want

Tyd raak nou min, die dae is so vol
En as die dood my kom haal sal ek vrede wil hê.
Ek is nie bang om uit die boot uit te klim
Ek sal op waters loop saam Jou.

Koor:
Jy is die rots waarop ek staan
Jy wat my toevou in Jou hand
En als wat struikel in my gaan met tyd ook verby
Daar is niks meer onmoontlik nie
Jy maak my braaf, ja Jy maak my sterk
Ek is tot alles in staat saam Jou

VERS 1:

Kom nou saam
As die wind ons vang van voor As die wind ons vang van voor en Hande saam
Sal ek altyd oor jou droom
Sal ek altyd in jou glo

Selfs as my seile skeur, duisend golwe breuk Sal ek my anker gooi en aan Jou vasklou
Ek is nie bang om uit die boot uit te klim
Ek sal op water loop saam Jou

KOOR:

Jy is die rots waarop ek staan
Jy wat my toevou in Jou hand
En als wat struikel in my gaan met tyd ook verby Daar is niks meer onmoontlik nie
Jy maak my braaf
Ja, Jy maak my sterk
Ek is tot alles in staat saam Jou

VERS 2:

En ek glo
Daars’ ‘n plek waar ons kan leef ‘n Plek waar ons kan rus en Almal kan
Al hul laste neer kom lê
Hul laste neer kom lê want

Tyd raak nou min, die dae is so vol
En as die dood my kom haal sal ek vrede wil hê Ek is nie bang om uit die boot uit te klim
Ek sal op waters loop saam Jou
 

KOOR:

Jy is die rots waarop ek staan
Jy wat my toevou in Jou hand
En als wat struikel in my gaan met tyd ook verby Daar is niks meer onmoontlik nie
Jy maak my braaf
Ja, Jy maak my sterk
Ek is tot alles in staat saam Jou

Intro:
Woh Oh Ooh Oh Oh oh X2

Vers 1:
Ons is gemaak om nie in te pas nie
Om nie dieselfde te dink of te lyk nie
Want ons is gemaak
Om soos die sterre in die aand uit te skyn
Woh Oh Ooh Oh Oh oh

Koor:
So veg nou saam in gebede
En verstaan ook saam ons verlede
Want hier waar ons bly, waar die kranse antwoord gee
Is daar genoeg plek vir jou en ook vir my
Woh Oh Ooh Oh Oh oh X2

Vers 2:
En ek sien 'n nuwe hemel
'n Aarde nuut en vry
So moenie meer huil nie
Moenie meer ween

Koor:
So veg nou saam in gebede
En verstaan ook saam ons verlede
Want hier waar ons bly, waar die kranse antwoord gee
Is daar genoeg plek vir jou en ook vir my
Woh Oh Ooh Oh Oh oh X2

Vers 1:
In die donker gang is 'n lig wat skyn
Maar die vlam is delikaat en fyn
En ek het verlang na die lentetyd
Op my oom se plaas sonder elektrisiteit

Vers 2:
My tannie sê my kind, my kind
Die liefde en die motte is blind
Vanmelee se dae in die lentetyd
Was daar wel, ja wel 'n bietjie elektrisiteit

Koor: 
Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai

Vers 3:
In die donker gang is 'n skildery
Van De Wet, Cronjé en De la Rey
En die perde se oë het moeg gelyk
Want die strewe na vrede is 'n eindelose stryd

Vers 4:
Laat een aand word die nag soos dag
Soos die storm bars met al sy krag
En ek het in die gang weggekruip
Want ek was so bang vir die elektrisiteit

Koor: 
Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai

Vers 5:
In die donker gang word die vlam weerkaats
In die prente waar die skadus dans
Maar die vlam is delikaat en fyn
En dit kan soos 'n dief in die donker nag verdwyn

Vers 1:
Jy sê dit is die eerste keer wat jy dit kan onthou
Ons het saam gaan skatte soek maar jy het alles uitgegrou
So met verbeelding in my agterkop het ek net losgetrek
En alles wat onmoontlik was deur n naald se oog gevleg

Koor:
Jy sê jy het vrede gevind, jou hart klop nou weer stadig
Jou hart klop nou weer stadig
Ja jy sê jy het vrede gevind, jou hart klop nou weer stadig
Jou hart klop nou weer stadig

Vers 2:
As jy net kon begryp hoe ek jou met my woorde vlei
Sou ek jou steunpilaar wees en in my hande jy die klei
Daar's nette waar jou voete gaan en voorspoed waai jou aan
Die geruis van reuse vlerke rondom jou is ewig trou, ja

Koor:
Jy sê jy het vrede gevind, jou hart klop nou weer stadig
Jou hart klop nou weer stadig
Ja jy sê jy het vrede gevind, jou hart klop nou weer stadig
Jou hart klop nou weer stadig X 2

Vers 1:
Ek vang myself in Oostestraat
Waar mense rook en nonsens praat
En ek soek nog 'n rede vir die gewig hier in my skoen
Want iewers is daar meer as wat ons sien

Koor:
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Ek's 'n bedelaar wat bid en hoop en glo

Vers 2:
Die rooi lig van Ou-Kerkplein
Roep verlore tieners op die trein
Ek wens ek kon hul keer, ek wens oh ek wens
Want iewers is daar meer as wat hul sien

Koor:
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Verskoon my ek is nie wie jy dink nie
Ek is 'n bedelaar
Ek is 'n bedelaar wat bid en hoop en glo

Vers 1:
Kinders wat gesien en nie gehoor word nie
Sal onder tafels uit klim en hul vrae kom vra
Terwyl Pa steeds weg is en Ma weer huil
Hoor jy die kreun van die ossewa

Pre-Koor:
Wielle diep in die spore van, ons verlede gestuur

Koor:
Kom nou saam, wind onder ons vlerke
Vêr, vêr bo hierdie donker gang
Daar waar ons weer kan speel, kaalvoet geheime deel
Tot in die laaste dae, sal ek my lewe gee
Ek sal my lewe gee X 4

Vers 2:
Konsentrasiekampe in sy hart
Alleen verskeur lê haar mooi hart
Maar dinosourusse is lankal dood
Ons moet aan beweeg so vat my hand

Pre-Koor:
Wiele diep in die spore van, ons verlede gestuur

Koor:
Kom nou saam, wind onder ons vlerke
Vêr, vêr bo hierdie donker gang
Daar waar ons weer kan speel, kaalvoet geheime deel
Tot in die laaste dae, sal ek my lewe gee
Ek sal my lewe gee X 4

Vers 1:
Soms verloor ek rigting
My ware Noord verdwyn, waar is jy?
Soms voel ek verdwale
In konkreet en sement, van rand en sent

Pre-Koor:
Soos die see wat nader trek die eggo van Jou stem
Die ys hier om my hart laat breek, my aanspoor om te wen
Maar ek kan nie net hier staan
As die wêreld om my val

Koor:
In die oog van die storm, in die hart van jou seer
Wanneer stilte oorverdowend raak jys nooit alleen
Want ek en jy, is genoeg gemaak
Om 'n verskil te maak

Vers 2:
Wat kan ek belowe
Wat kan ek tog bied, ek het niks
Golwe druis hier in my daar vloede in my siel
Waar is jy?

Koor:
In die oog van die storm, in die hart van jou seer
Wanneer stilte oorverdowend raak jys nooit alleen
Want ek en jy is genoeg gemaak
Om 'n verskil te maak.

Pre-Koor:
Soos die see wat nader trek, die eggo van Jou stem
Die ys hier om my hart laat breek my aanspoor om te wen

Koor:
In die oog van die storm, in die hart van jou seer
Wanneer stilte oorverdowend raak jys nooit alleen
Want ek en jy is genoeg gemaak
Om 'n verskil te maak

Vers 1:
Ek het jou geken voor ons ontmoet het
Die kleur van jou oë die klank van jou lag
Jy het my geken met al my letsels
Maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my

Koor:
Ek't gesing jy't gedans, die aande was lank
Met vriende en liggies die stad ken ons name
Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet
Jy't gesê eks jou wyn en jy is my bloed

Vers 2:
Ek sou die wêreld vul met liedjies oor jou
En jy sou vir altyd dans op die groot verhoog
Ons huis is klein en daar's geen wasgoedlyn
Maar ek het jou hart gevat en myne verloor

Koor:
Ek't gesing jyt gedans, die aande was lank
Met vriende en liggies die stad ken ons name
Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet
Jy't gesê eks jou wyn en jy is my bloed

Brug:
En ek soen jou onder die wilgerboom
Waar die sterre oor ons wals
Jy weet ek wou alles vir jou gee X2

Vers 3:
Ek raak skaars 'n snaar en jy het ophou dans
Ons droom van n ander tyd, waar al ons drome leef

Vers 1:
Wat het tog geword van ons huisie by die see
Die drome wat ons saam kon droom ek en jy
Wat het tog geword van daai glinster in jou oë
Die hoeke van jou mond wat glimlag as jy slaap

Koor:
Kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag met alles in my
Om vir een laaste keer jou hart vas te hou

Vers 2:
Wat het tog geword van ons hardloop langs die strand
Die aande wat ons saam kon lag en baklei
Maar jy het onverwags van vêr af gewaai
En saam met jou totsiens jou rug op ons gedraai

Koor:
Kom terug na my as die son onder gaan
En die jare jou glimlag plooie gee
Want hier sal ek wag met alles in my
Om vir een laaste keer jou hart vas te hou
X2

Vers 1:
Die aarde is koud en die jare alleen
En ek soek na die skeur in siel
Die rede vir my seer, is dit jy

Vers 2:
Vir sondaars die kruis, genade te veel
Soos konings wat kom is daar konings wat gaan
Maar Jy bly in my

Pre-Koor:
En wat oor was van my hart
gly deur die gleuwe in my, in my

Koor:
Seun, 'n wond wat bloei, word gesond
Word gesond
Seun, 'n wond wat bloei, word gesond
Word gesond

Brug:
So laat dit bloei, laat dit bloei
Jy word gesond
x2

Koor:
Seun, 'n wond wat bloei, word gesond
Word gesond
Seun, 'n wond wat bloei, word gesond
Word gesond

Outro:
So laat dit bloei, so laat dit bloei
Jy word gesond, Seun

Vers 1:
In 'n huis so klein speel twee boeties saam
Daar's 'n foto van ons almal in 'n raam
Ek onthou nog jou ou hoenderkuif
Met die skêr het jy hom stout-wees afgesny
Maar die jare steel ons tye saam mekaar
En ek vergeet van jou

Vers 2:
In jou hok van seer sien ek jou sit en huil
Sonder Vaderliefde word mens nogal vuil
En ek weet jou hok is ook my handewerk
Maar boetie vergewe my
Ag boetie vergewe my

Koor:
Ag Vader help hom en roep hom
Wys hom dat Jy vir hom wag en
Lei hom, bevry hom, laat kettings van sy voete val
En as hy in sy hok wil klim, wees sy Vader weer

Vers 3:
Nou's daar niks wat ek kan doen
Jou met die Vader te versoen
Maar ek weet dat Hy die pad vir jou sal wys
Want Hy is lief vir jou
En ons is lief vir jou

Koor:
Ag Vader help hom en roep hom
Wys hom dat Jy vir hom wag en
Lei hom, bevry hom, laat kettings van sy voete val
En as hy in sy hok wil klim, wees sy Vader, Heer