Vers 1:
Oh kind jy sal moet praat, oor al die dinge wat jou pla
Die haat hier binne jou
Sal op die ou einde, jou hart en siel van jou vra
Wat sal jy kies
Pre-Koor:
Want die mandolien sal speel tot die son opkom
'n Lied vir die pyn tot jy draai na Hom
Koor:
Vêr oor die waters heen
Dryf daar 'n nuwe horison wat jou kom haal
En in jou dieptste seer
Is daar net Een wat jou verstaan en heel kan maak
Vers 2:
Kon ek vandag verslaap en myself in 'n koma droom
Daar's iets wat knaag aan my
En ons het vêr gekom, maar dis nou tyd om oor te gee
Oh weë
Koor:
Vêr oor die waters heen
Dryf daar 'n nuwe horison wat jou kom haal
En in jou dieptste seer
Is daar net Een wat jou verstaan en heel kan maak
Ken jy Sy naam
Ken jy Sy naam
Brug:
Diep is die wond in jou
Maar dit is hy wat jou verstaan en heel wil maak