Len Muller is ‘n Afrikaanse-sanger en -liedjieskrywer wat al die afelope nege jaar, nie net as kunstenaar, maar ook besigeidsman in die musiekbedryf werk.
In 2012 begin hy as verkoopsverteenwoordiger en stoorkamer-bestuurder vir die platemaatskappy Merchant Music werk. Na een jaar se CD’s pak en verkope, besluit Len om eienaarskap van sy eie musiek te neem en koop hy aandele in ‘n onafhanklike platemaatskappy Kanada Records. Dié maatskappy was grootendeels verantwoordelik vir die digitale- en album-verspreiding van onafhanklike kunstenaars, soos Kaleidoskoop, Bouwer Bosch, Deon Meiring, Glaskas en Jesse Clegg. Len bestuur later ook ‘n suster-maatskappy Kanada Entertainment, wat akoestiese optredes by winkelsentrums regoor Suid-Afrika aanbied. Vanaf 2015 werk Len as agent vir Clear Entertainment CC wat kunstenaars soos Matthew Mole, Dan Patlansky, Prime Circle en Elvis Blue se loopbane suksesvol bestuur het.
Na groot aanvraag en belangstelling, besluit Len om in Januarie 2020 sy eie eksklusiewe agentskap te begin. Len se agentskap bied professionele, deursigtige diens, tussen kunsenaars en kliënte, met streng fokus op detail, kommunikasie en eerlike waardes.
Danie du Toit (Reënwolf) is ‘n digter en musikant van agter die pawiljoen. “Hy probeer eintlik net kalmeer” sê Danie. Dié dinamiese kunstenaar betree die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in 2012 as die voorman en hoof-liedjieskrywer van die Afrikaanse rock-sensasie Spoegwolf. Danie is ‘n gepubliseerde digter en het onlangs sy eerste digbundel “Warmer voor die Tuimeldroër” bekend gestel. Dié digbundel is ‘n samevatting van gedigte wat Danie oor die afgelope agt jaar geskryf het en vertoon die veelsydigheid van die talentvolle jong kunstenaar. Danie dra sy beste baadjie, sy tweede beste paar kouse en sing van die gedigte in die naglig soos 'n bok voor 'n bakkie. Hy vertel ook iets van al die dinge wat hy al van 2012 in lirieke met Spoegwolf kwytraak.
Suid-Afrikaanse multi goue- en platinumplaat-bekroonde sanger/liedjieskrywer Juan Boucher het geen voorstelling nodig nie. Met duisende aanhangers het hy homself in ons volk se harte ingesing met albums soos 082, Jy’s my Flavour, Gee Jou Hart ‘n Breek, Kalm Voor Die Storm, ens. “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie; dit word vir jou gegee deur genade” glo Juan. Met hierdie uitkyk op sy loopbaan skryf hy treffer na treffer en ry hy en sy bakkie die land se paaie plat om sy goedvoel musiek na die warm harte van sy aanhangers te neem.
Beskrywing: “Sedert Len se solo-loopbaan ’n dekade gelede afgeskop het, is sy musiek al meer as 2 miljoen keer gestroom op Apple Music en deesdae het hy sowat 70 000 luisteraars wat maandeliks op Spotify na sy musiek luister. Sy musiek kan ook gehoor word op verkeie films en TV reekse onder andere: Sy lied ‘Vrede’ kan gehoor word as titel snit op kykNET en Showmax Reeks ‘Mense Mense’ en ‘Smag na jou’ op die afrikaanse film: “Strikdas”.
Verder het hy nie net die geleentheid gekry om saam met groot name soos STEF BOS te kan skryf aan ’n weergawe van ‘Sarie Marais’ nie, maar ook om op groot musiekverhoë op te tree en homself as liedjieskrywer te vestig.
Wanneer dié veelsydige Kapenaar nie besig is met sy eie musiek nie, is hy ’n baie betrokke pa en bestuur hy sy eie eksklusiewe agentskap wat besprekings vir kunstenaars soos Juan Boucher en Danie du Toit (Reënwolf) hanteer.